Kontras is die verskil in luminessensie of kleur wat 'n voorwerp (of sy verteenwoordiging in 'n beeld of vertoning) onderskeibaar maak. In die visuele persepsie van die werklike wêreld, word kontras bepaal deur die verskil in kleur en helderheid van die voorwerp en ander voorwerpe in die dieselfde oogveld. Die menslike visuele stelsel is meer sensitief vir kontras as absolute verligting; ons kan die wêreld dieselfde beskou ongeag van die groot veranderinge in die verligting oor die dag of van plek tot plek. Die maksimum kontras van 'n beeld is die kontras verhouding of dinamiese omvang.